KULIZWE LODGE

Selfsorg akkommodasie in Binga op die oewer van Kariba in Zimbabwe

BOOKINGS & PRICES

ZIMBABWE AKKOM

ENGLISH 

TEMBA TUISBLAD

GPS 17 35 20.08S,  27 21 44.52E
Temba Booking Office
TEL: +27 (0) 21 855 0395 
Office hours only


Die Kariba-meer is in die Zambezi-vallei, tussen Zimbabwe en Zambië, en is 280 km lank. Die dorpie Kariba is ‘n bekende toeriste-bestemming, maar baie min mense verkeen ooit die suidelike oewer van die meer. Die teerpad wat die gebied vanuit die weste binnekom strek nog vir sowat 100 km suid van die meer, tot waar dit by Binga eindig.

In vergelyking met Kariba, is Binga ‘n baie stil en pragtige plek op die suidelike oewer van die meer.  Vanaf Binga is daar ‘n grondpad in die oostelike rigting tot Karoi. Hierdie pad kan slegs met ‘n viertrekvoertuig of ‘n groter SUV aangepak word. Die grondpad is op party plekke nogal in ‘n redelik swak toestand.

Maar waarom oos reis as jy die Kariba-meer vanaf die Kulizwe Lodge kan verken? Hiervanaf kan jy gaan hengel. Jou kanse om ‘n groot tiervis te vang, is bykans gewaarborg. Die Mutusadona Nasionale Park begin net oos van Binga.  Hier sal jy al die grootwild kan sien wat jy sal verwag van ‘n Afrika-safari-bestemming.

Kulizwe Lodge is by uitstek ‘n gesinsbestemming. Elke selfsorg eenheid is goed toegerus. Daar is 4 beddens in twee kamers, met ‘n klein kombuisie net buite die eenheid. Die yslike grasperke en pragtige swembad sal die kinders besig hou, terwyl ma en pa dalk lus voel vir ‘n bootrit op die meer wanneer die son ondergaan.

Die sonsondergange by die Kulizwe Lodge is eenvoudig asemrowend. Terwyl die son oor die meer ondergaan, word versnaperinge bedien en die kampvure gloei in die donker.  Kulizwe Lodge sien daarna uit om jou te verwelkom en ‘n vakansie sal jou beslis ook nie platsak laat nie.

Kulizwe Lodge is by die hoofhawe in Binga. Indien jy ‘n vakansie op ‘n huisboot (seiljag) beplan, is dit waarvandaan jy gaan vertrek. Dit is ‘n uitstekende keuse om eers ‘n paar aande by Kulizwe Lodge oor te bly, voor jy op jou bootvakansie vertrek

  

  


Big Five Lodge bied bekostigbare akkommodasie net buite Gaborone en naby die lughawe
Cresta Lodge in Gaborone Botswana.  Hierdie lodge is een van die gewildste hotelle in die middestad van Gaborone
Ngepi camp is in die Caprivi in Namibie en is een van die Caprivi se gunsteling akkommodasie.  Ngepi Camp is veral gewild onder gesinne.
Oranjerivier Lodge is by Noordoewer in Namibie en hulle bied selfsorg akkommodasie op die suidelikste punt van Namibië
Die Churchill Hotel is die bekendste hotel in Bulawayo die tweede grootste stad van Zimbabwe. 
Hwange Safari Lodge is by Hwange Nasionale Park in Zimbabwe bied hotel styl akkommodasiie en safaris
Caribbea Bay Hotel in Kariba.  Caribbea Bay is die luukste hotel in Kariba Zimbabwe.
Lodge at the Ancient City is nabydie Great zimbabe monument en bied baie besonderse akkommodasie
Norma Jeane's Lakeview Resort is slegs 5 km van die Great Zimbabwe Monument of die Zimbabwe Ruins.  Norma Jeane's bied uitstekende hotel akkommodasie en baie groot en ruimselfsorg akkommodasie naby Masvingo.